Quixilver. webmaster technical@aristelcc.co.za "Your Gateway to the Mountain Kingdom." Application Form (English) Indemnity Form (English / Afrikaans) You need Adobe reader to view these documents. CLICK HERE to download Ficksburg is geleë in die Oos Vrystaat teen Lesotho met asemrowende mooi natuurskoon. Imperani berg is teen die dorp met n oppervlakte van sowat seshonderd hektar bo-op die berg. Die 4x4 roete loop al op die kant van die berg met graderings van een tot vyf met modder party plekke as gevolg van berg strome en fonteine. Die vier en vyf graderings en modder het verby paaie, so die keuse is daar om die hindernis te doen of om te ry. Daar is twee gemerkte roetes geel en wit. Die geel roete is vir 4x4 voertuie met lae bestek en verkieslik ewenaar slot (nie verpligtend nie) terwyl die wit roete vir 2x4 voertuie met agter ewenaar slot is. Dit is n familie roete so vrouens en kinders kan dit ook geniet. Roete is + - 20km en tydsduur van 4 na 5 ure. Die uitsig vanaf die roete is pragtig! Met die blote oog kyk n mens tot diep binne in Lesotho en kan die Maluti berge sien. Ons is regtig bevoorreg om in so pragtige gedeelte van Suid Afrika die roete vir die natuur liefhebber te kan aanbied. Slegs begeleide toere word aangebied en die rede daarvoor is dat op die berg is n nasionale sleutelpunt, graslande en diere. Roete reëls is dus baie belangrik FICKSBURG 4X4